Quinton de Kock tree uit na Wêreldbeker
Die Protea-paaltjiewagter, Quinton de Kock, het bekendgemaak hy tree uit eendagkrieket na die Wêreldbekertoernooi in Indië. Dit volg op sy vroeëre uittrede uit toetskrieket, hoewel hy steeds beskikbaar sal wees vir T20’s. Die 30-jarige De Kock het in 140 eendagwedstryde vir die Proteas gespeel sedert sy buiging tien jaar gelede, en vyf-duisend 966 lopies bygedra. Hy beplan om in Desember die Melbourne Renegades in die Australiese Big Bash-liga te verteenwoordig, wat beteken hy sal moontlik nie dieselfde maand beskikbaar wees vir Suid-Afrika se T20-tuisreeks teen Indië nie.