Pakistan maak skoonskip teen Proteas
Pakistan se vrouespan het die Protea-vroue met ses lopies in die derde en laaste T20-wedstryd in Karachi verslaan. Hulle het daarmee vir die eerste keer ooit in hierdie formaat skoonskip gemaak in ‘n reeks teen Suid-Afrika. Die tuisspan het 150 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. In antwoord hierop het Suid-Afrika nog tot in die 19de boulbeurt die verlangde 151 lopies gejaag, maar Sadia Iqbal het van kaptein Laura Wolvaardt ontslae geraak met haar telling op 72 lopies van 53 balle. Die besoekers, wat 18 van die volgende nege balle benodig het, het uiteindelik ses lopies te min gehad. Wolvaardt sê om die reeks te verloor is teleurstellend: