NamPower wil ten volle voorafbetaald wees teen Julie ’25

NamPower is besig met vergaderings regoor die land in verband met die implementering van die voorafbetaalde stelsel. Hy beplan om teen Julie 2025 voorafbetaalde stelsels vir al sy distribusie kliënte daar te stel. Die maatskappy was onlangs in die nuus met beurtkrag wat hy op plaaslike owerhede toegepas het as gevolg van uitstaande skuld. Die maatskappy het in Junie meer as 1,2 miljard Namibiese dollar in debiteure gehad. Hy sal vanaf 11 September op Gobabis, in Windhoek, Mariental en Keetmanshoop met belanghebbendes vergader. Die program word in fases uitgerol met kleiner verbruikers wat eerste a aangepas sal word tot almal voltooi is teen 2025.