Mutjinde sê regering sal nie hande lê op reparasie-geld nieSeptember 5, 2023

Een van die Ovaherero-opperhoofde, professor Mutjinde Katjiua, sê leuens word versprei, veral in verband met vergoeding van die euwels van die volksmoord. Katjiua is tans in Suid-Afrika om met die Ovaherero, wat na die buurland gevlug het tydens die volksmoord, te vergader. Hy sê die Swapo-regering sal nooit toegelaat word om toegang tot vergoedingsfondse te verkry nie.