Meld oorgrens-smokkelary van akkerbou-produkte aan
Die Namibiese Akkerbouraad vra Namibiërs om die onwettige oorgrens-smokkelary van akkerbou-produkte aan te meld. Nie net is daar ‘n impak op plaaslike produksie nie, maar daar is ook ‘n bedreiging vir die plaaslike bedryf. Lede van die publiek kan ‘n teksboodskap na 79500 teen 40-sent stuur om voorvalle aan te meld. Auguste Fabian, woordvoerder by die raad, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.