Lady R: Amerikaanse ambassade is tjoepstil
Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika weier om kommentaar te lewer op die bevindings oor die Russiese vragskip, Lady R. President Cyril Ramaphosa het bevestig ‘n onafhanklike paneel het geen bewyse gevind dat wapens op die skip gelaai is, wat verlede jaar in Simonstad in Kaapstad voor anker gelê het nie. Die ondersoek het gevolg op vroeëre bewerings deur die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, dat Suid-Afrika wapens aan Rusland verskaf het. Die ambassade loof egter die regering se deeglike ondersoek.