Kamwi gesels oor malaria-risiko in VSA, Europa, Engeland

Met klimaatsverandering en verlengde nat somers in Europa, Engeland en selfs deelstate in die VSA soos Florida, is daar meer muskiete en dus, die verhoogde risiko vir malaria en ander tropiese siektes. Die VSA het in vir die eerste keer in dekades sewe gevalle van malaria aangemeld, wat plaaslik opgedoen is. Dr. Richard Kamwi, oud-gesondheidsminister en verteenwoordiger van Eliminate Malaria van die VN het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.