Epupa se verlenging van tender laat lig die wenkbroue

Daar word berig dat Epupa Investments se tender om maatskaplike toelaes te versprei weer verleng sal word. Epupa het sedert 2011 die tender wat vir vyf jaar geldig is. Volgens die Tender Bulletin, is Epupa se direkteure verbind aan politieke rolspelers en lede van die Swapo-elite. Die Sentrale Verkrygingsraad het ‘n verlenging van ‘n jaar gedeeltelik in Februarie vanjaar toegestaan en toe in Augustus vanjaar, het die raad die ministerie se versoek vir ‘n prysaanpassing en statutêre prysverhoging goedgekeur. Volgens die tender spesifikasies is ‘n minimum van 500 000 betalings maandeliks nodig. Die tender is ook net van toepassing op voorheen benadeelde Namibiërs en was in die 2018-19 boekjaar 68,5 miljoen dollar ‘n jaar werd. Daar word berig dat geen tender in die tussentyd weer oopgestel is vir die kontrak nie.