Die feit dat Putin by Noord-Korea wapens moet koop, wys hy is onder druk
Die nuus dat Russiese President Vladimir Putin met die leier van Noord-Korea Kim Jong Un sal ontmoet, moontlik om wapens te bekom, beteken die Oekraïnse teenoffensief werk. Dit is die mening van die Amerikaanse politieke analis Robert Kelly. Hy sê dat Putin na ‘n onderontwikkelde land moet draai vir wapens beteken hy is onder druk. Kelly het met Britse media gepraat.