Daurês-kiesafdeling sal vroeg volgende jaar water hê

Plaaslike berigte lui dat die inwoners van die Daurês-kiesfadeling binnekort verligting sal hê na watertekorte wat meer as sewe jaar duur. ‘n Pyplyn wat op die oomblik geïnstalleer word sal vroeg volgende jaar voltooi wees, vroeër as wat verwag is. Die 23-kilometer pyplyn sal verskeie akkerbouprojekte moontlik maak wat druk op die regering vir droogtehulp sal verlig. Meer as 1 000 huishoudings maak staat op die voedselpakkies om iets te hê om te eet. Die land se eerste groen-waterstofprojek word vir die gebied beplan en daar is vroeër bevestig dat ontsouting, met die see wat 140 kilometer ver is, benut sal word.