Zelensky stel nuwe verdedigingsminister aan

Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het sy minister van Verdediging, Oleksii Reznikov, afgedank en sê dis tyd dat die ministerie ‘n nuwe benadering volg. Reznikov het die ministerie gelei sedert voor Rusland die land verlede Februarie ingeval het. Sy afdanking kom ná ‘n aantal korrupsieskandale oor die verkryging van oorlogsvoorrade waarby die ministerie betrek word. Volgens berigte sal Reznikov Kiëf se nuwe ambassadeur in Londen word waar hy goeie verhoudings met senior politici het.