Twee dood, drie vermis in Spanje vloede

Minstens twee mense is dood en drie word vermis, na rekordreënval swaar oorstromings in sentraal-Spanje veroorsaak he. Paaie, moltreinlyne en hoëspoed-treinverbindings is vandag geslui. Helikopters is gestuur om mense te red wat op die dakke van hul huise in die Toledo-gebied sowat 50 kilometer suidwes van Madrid skuiling gesoek het. Die skielike reënbui wat Sondag begin het, het strate in modderriviere omskep wat motors meegesleur het. Hael het ook in baie gebiede geval.