Swartsee-graan: Putin sê hy’s oop vir besprekings

President Vladimir Putin het aan Turkye se Tayyip Erdogan bevestig Rusland is oop vir besprekings oor die Swartsee-graanooreenkoms, ‘n ooreenkoms wat gehelp het om Oekraïne se graan op die mark te kry en sodoende ‘n wêreldwye voedselkrisis te verlig. Rusland het die ooreenkoms in Julie verlaat – ‘n jaar nadat dit deur die Verenigde Nasies en Turkye bemiddel is – en gekla dat sy eie voedsel- en kunsmisuitvoere struikelblokke ondervind en dat nie genoeg Oekraïnse graan na lande in nood gaan nie.