Schneider verduidelik speenkalf-plan van Savanna
Die nuus dat Savanna Beef Processors van Mecki Schneider beplan om die land se waardeketting te stabiliseer deur ‘n addisionele 50 000 speenkalwers vir plaaslike produksie en slagting te behou, word wyd verwelkom. Ekonome en landbou-kenners kritiseer gereeld die praktyk van Namibiese produsente om speenkalwers op die hoef uit te voer na voerkrale in die buurland. Kosmos 94.1 nuus het met Schneider gesels oor die plan.