Reuse-kragtekorte in Suider-Afrika

Daar is 9,8 gigawatt kragtekorte in die Suider-Afrikaanse Elektrisiteitspoel met Suid-Afrika wat voorloop met ‘n 9 071-megawatt tekort. Volgens plaaslike media is Namibië derde geplaas met ‘n tekort van 395-megawatt. In tweede plek is die DRK met tekorte van 2 426-megwatt. Daar is 12 lidlande in die poel en uit die 12, wek beide Tanzanië en Angola ekstra krag op maar, hulle kan dit nie by die poel byvoeg nie omdat hulle nie gekoppel is nie. Die mark vir kragopwekking vir die streek is baie groot en dus verkies Namibiese produsente eerder om die streek se gaping te vul omdat die prys beter is. Kenners is dit eens dat sonder voldoende elektrisiteit, kan ‘n ekonomie nie groei nie omdat daar geen vervaardiging of ander ontwikkeling kan plaasvind nie.