‘Omstrede’ Tönnies wil plaaslike vleisbedryf betree
Die Duitse miljardêr en sogenaamde ‘vleis-baron’ Clemence Tönnies stel belang in Namibië se vleisbedryf. Hy het ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob gebring en sê hy wil plaaslik ‘n maatskappy vestig wat spesialiseer in die verslagting en verwerking van Namibiese bees- en varkvleis. Tönnies is een van Europa se grootste vleisprodusente met ongeveer 16 500 werknemers in Duitsland en Denemarke. Geingob het die aankondiging verwelkom en sê die afsperring van sekere dele van die land moet aangespreek word. In 2020 het die BBC berig dat Tönnies gesê het Duitsland moet kragstasies in Afrika bou sodat Afrikane kan ophou bome afkap en dan as daar saans lig is, sal Afrikane ophou babas maak. Hy het om verskoning gevra en ontwikkelingsbystand aan Afrika-kinders gegee.