Nujoma-selfmoord: Geestesgesondheid moet na voorgrond verskuif

Geestesgesondheid in Namibië suip aan die agterspeen en na die naweek se nuus dat Niita Nujoma, die dogter van arbeidsminister Utoni Nujoma en kleindogter van die stigterspresident, selfmoord gepleeg het, is dit weer in die nuus. Sy het volgens berigte groot uitdagings gehad en het verlede week Dinsdag vermis geraak. Sy is Vrydagaand in Cimbebasia in ‘n rivierbed gevind. Daar is kommentaar dat Namibië ‘n nasie in trauma is en oud-ombud advokaat John Walters sê die uitdaging moet na die voorgrond geskuif word.