Lugaaval dood 25 in KhartoemSeptember 4, 2023

Minstens 25 burgerlikes, waaronder twee kinders, is dood in ‘n lugaanval in Sudan se hoofstad Khartoem. ’n Onbevestigde aantal mense is gewond. Dit volg nadat gevegte tussen die Sudannese weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces die afgelope vyf maande die hoofstad verwoes en tot etnies-gedrewe aanvalle in Darfoer gelei het. Volgens berigte beheer die Soedannese gewapende magte die lugruim en het gereelde lugaanvalle uitgevoer, terwyl RSF-vegters die hoofstad se strate beheer. Meer as vyf-duisend mense is dood sedert die oorlog begin het.