Landbou hersien aansoeke vir groenskemas

Die Namibiese landbouministerie hersien op die oomblik aansoeke wat hy ontvang het vir die voor-kwalifikasie vir die huur van drie groenskemas. Die skemas, naamlik die Zone-, Katima Liselo- en Tandjeskoppe-besproeiingsprojekte, vorm deel van die ministerie se vennootskap met die privaatsektor om produksie op groenskemas in die land te verbeter. Dit is gegrond op die model van konstruksie, bedryf en latere oordrag van die groenskemas. Aansoeke het op 31 Augustus gesluit en daar sal binnekort ‘n aankondiging gemaak word.