Krieket: Zim se Heath Streak dood op 49 met kolonkanker
Zimbabwe se gewese kaptein, Heath Streak, word beskryf as een van sy land se beste spelers na sy dood op 49 na ʼn stryd met kolonkanker. Hy was in die laat-1990’s en vroeë 2000’s ʼn uitstekende snelbouler en kolwer en was vir twee tydperke die kaptein. Dis in 2001 onderbreek toe hy in ‘n geskil met Zimbabwiese Krieket betrokke was oor betaling en raskwotas. Streak se loopbaan is beëindig toe hy vir agt jaar verban is omdat hy die Internasionale Krieketraad se teen-korrupsiekode oortree het. Hy het 236 paaltjies in 65 toetse geneem.