Kinder-demensie: Een uit elke 2 800 babas met toestand gebore

September maand is Wêreld-demensiemaand en Alzheimer’s Dementia Namibia gebruik die maand om bewusmaking oor die verskeie vorms daarvan te doen. Een so ‘n vorm is kinder-demensie waarvan min mense bewus is. Daar word beraam dat 700 000 kinders met die toestand gediagnoseer is met een uit elke 2 800 babas wat met die toestand wat kinder-demensie veroorsaak, gebore word. Berrie Holtzhausen van Alzheimer’s Dementia Namibia het met Kosmos 94.1 Nusu gepraat.