Indringerspesies kos honderde miljoene jaarliks
‘n Span van 86 navorsers van 49 lande het ‘n vier-jaar-evaluering van die globale impak van sowat 3 500 skadelike indringerspesies bekend gemaak. Daar is bevind dat die ekonomiese koste van die spesies nou ten minste 423 miljard Amerikaanse dollar jaarliks beloop, met indringers wat ‘n sleutelrol speel in 60 persent van aangetekende plant- en diere-uitsterwings. Warmer temperature as gevolg van klimaatsverandering sal na verwagting die uitbreiding van indringerspesies verder aandryf. Indringerspesies is plante of diere, wat dikwels deur menslike aktiwiteite rond geskuif word, en wat dan posvat in ‘n omgewing met nadelige gevolge. Plaaslik is daar uitdagings met onder meer, Prosopis-bome, veral in riviere.