Brandstofprys sal in vierde kwartaal hoog bly – ekonoomSeptember 4, 2023

Die Namibiese ministerie van myne en energie het die prys van beide petrol en diesel met tussen 1 dollar 20 en 1 dollar 70 opgestoot. Die nuwe pompprys op Walvisbaai is vanaf Woensdag 20 dollar 98 sent terwyl diesel 50ppm teen 20 dollar 75 ‘n liter verkoop en diesel 10ppm, teen 20,95 op die kusdorp sal verkoop. Maar, dit blyk asof dit nie die laaste verhoging die jaar sal wees nie en verbruikers moet voorberei vir nog, soos Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad verduidelik.