AU se SME-beraad – geen voordeel vir plaaslike SME’s nie
Die Afrika-unie sal die tweede jaarlikse AU-MSMEs-forum die week hou. Die unie is van mening dat MSME’s, of te wel, mikro-, klein en medium-ondernemings, die dryfkrag agter innovasie in Afrika is, wat ‘n beduidende rol speel in die ontwikkeling van nuwe tegnologieë, produkte en dienste. Die maatskappye beslaan tot 90 persent van alle besighede op die vasteland en verskaf 85 persent van werksgeleenthede. SMEs Compete se Danny Meyer sê die tipe geleentheid moet geografies meer verspreid plaasvind om werklik voordele vir kleinsake in te hou.