ANC-jeugliga soek stappe teen onwettige immigrante

Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, sê die jeug is bereid om verskeie verantwoordelikhede te aanvaar, veral ten opsigte van die bekamping van korrupsie. Malatji doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om in te gryp en aandag te skenk aan die kwessie rondom onwettige buitelanders, en vra hulle moet nie toegelaat word om dorpe en stede te oorheers en beheer te neem nie. Hy hou vol jongmense is toegerus om in te tree in ministeriële en ander belangrike rolle om maatskaplik-ekonomiese kwessies die hoof te bied: