7de Laan onmiddellik gestaak, SAUK het nie betaal nie
Dit wil voorkom asof die personeel en akteurs betrokke by 7de Laan oor die naweek instruksie ontvang het om nie aan te meld vir werk nie en dat alle bedrywighede met die program onmiddellik gestaak word. Dit wil voorkom asof die nasionale uitsaaier die SAUK, nie die nodige betalings gemaak het nie en dus is daar geen fondse om die program te betaal nie. Intussen is ‘n petisie opgetrek om die program op die lug te hou en die SAUK te dwing om die produksiemaatskappy te betaal.