Bethanie-dorpsraad het net een personeellid
Die voorsitter van die Bethanie-dorpsraad Diederik Frederick sê die gebrek aan administrateurs in sleutelposisies by die dorpsraad belemmer die lewering van dienste. Daar is net een vaste aanstelling, Reginald Kennedy, wat finansies hanteer en waarneem as uitvoerende hoof. Die dorpsraad het vir drie jaar nie ‘n uitvoerende hoof gehad sedert Hendrik Gaobaeb bedank het nie. Daar is nie vaardighede onder inwoners nie en die belangstelling is volgens Frederick ook uiters laag. Die dorpsraad se infrastruktuur is verouderd en daar is onlangs bevind dat 67 persent val elektrisiteit wat die dorp se netwerk binnekom, verlore gaan as gevolg hiervan. Dus, betaal die dorpsraad vir 100 persent elektrisiteit maar kan net 33 persent daarvan versprei.