Zim-opposisie het tot môre om te kla, anders gaan uitnodigings vir inhuldiging uit
Uitnodigings sal binnekort na streeks- en internasionale staatshoofde gestuur word vir Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa se inhuldiging vir ‘n tweede termyn. Die seremonie sal na verwagting volgende week plaasvind, as daar geen hindernisse deur die opposisie is nie. Vanaf die dag van die aankondiging van die uitslae het die opposisie sewe dae om ‘n hofuitdaging in te dien. Teen Vrydag was daar nog niks en dus, indien dit nie teen môre gebeur nie, is daar geen hindernis nie. Sou die opposisie besluit om die uitslae uit te daag, sal hy ‘n deeglike verslag aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap moet indien, waarin verduidelik word waarom hy meen die uitslae is ongeldig.