Trans-Kalahari-spoorlyn bied gulde geleenthede

Namibië en Botswana se gesamentlike ministeriële komitee oor vervoer het ooreengekom om voort te gaan met die uitbreiding van die Trans-Kalahari-spoorlynprojek. Die twee lande het ooreengekom om beleggers en hulpbronne te soek vir die projek, om ‘n haalbaarheidstudie te doen, en die bou van die spoorlyn te behartig. Die twee lande is dit ook eens dat die projek in Januarie 2025 sal begin. Die woordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, Julius Ngweda, sê die projek sal werksgeleenthede skep vir die jeug: