Parool reeds toegestaan vir oud-polisieman wat wapens aan bende verkoop

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het erken ‘n voormalige polisie-offisier wat amptelike vuurwapens aan bendelede verkoop het, is drie jaar gelede al op parool vrygelaat. Christiaan Prinsloo het tussen 2007 en 2015 meer as 2 000 polisievuurwapens gesteel, en 888 daarvan is aan meer as ‘n 1 000 moorde verbind. Hy is in 2016 tot 18 jaar tronkstraf gevonnis. Prinsloo het voordeel getrek het uit ‘n spesiale vonnisverkorting wat president Cyril Ramaphosa in 2019 toegestaan het en is in Augustus 2020 op parool vrygelaat. Sy vonnis verstryk in Junie 2033.