Mongolië se harmonie met die natuur kan Aarde help – Pous

Pous Franciskus het Mongolië se ryk kultuur tydens sy besoek aan die land gevier, terwyl hy die jong demokrasie gewaarsku het teen risiko’s van korrupsie en vernietiging van die omgewing. Hy het Saterdagoggend in die land aangekom. Hy het die land se boere en akkerbouers se respek vir die delikate balans van die ekostelsel geloof en sê Mongolië se tradisie om in harmonie met die natuur te leef kan aansienlik bydra tot die dringende pogings om die Aarde te bewaar. Maar, hy het ook sy kommer uitgespreek oor korrupsie in die land en sê geloof kan korrupsie bekamp. Mongolië is die afgelope paar jaar deur korrupsie-skandale en omgewingsagteruitgang geteister.