Masomela sê sindikate is in die moeilikheid
Kommissaris Fannie Masemola, sê die Suid-Afrikaanse polisie het ‘n uitklophou aan ‘n sindikaat toegedien wat moontlik verantwoordelik is vir ‘n aantal transito-rooftogte in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng. Masemola het ‘n afvaardiging van senior offisiere na die misdaadtoneel gelei waar 18 verdagtes wat met transitorooftogte verbind word, gister in Makhado, Limpopo, doodgeskiet is. Die kommissaris sê die polisie is besig om op ernstige en geweldsmisdade oral in die land toe te slaan: