Dodi se pa, Mohamed, sterf op 94

Mohamed Al Fayed, die voormalige Harrods-baas wie se seun Dodi saam met prinses Diana in ‘n motorongeluk dood is, is op 94-jarige ouderdom dood. Al Fayed is in Egipte gebore en het in die 1970’s na die Verenigde Koninkryk verhuis. Na sy seun se noodlottige ongeluk op 31 Augustus 1997 het hy jare lank gepoog om ondersoek in te stel na die omstandighede maar was onsuksesvol. In ‘n verklaring sê die familie dat Al Fayed reeds op 30 Augustus by sy huis oorlede is. Ingevolge sy geloofsoortuiging is hy reeds langs sy seun op die familielandgoed begrawe.