Daar word ‘n rits tenders in ’24 vanaf Namport verwag

Upstream Online berig dat daar na verwagting volgende jaar ‘n rits tendergeleenthede deur Namport uitgestuur sal word. Namibië beplan om ‘n olie- en gas-fasilitiet by die hawe op te rig. Die uitvoerende hoof van die hawe-owerheid Andrew Kanime het ook by die onlangse olie- en gaskonferensie in die hoofstad gesê die owerheid kan nie agterweë bly om homself in die olie- en gasbedryf te posisioneer nie.