Watertafels in Kaapstadse begraafplase wek kommerSeptember 1, 2023
Die Stad Kaapstad sê probleme met watertafels wat deur swaar reën veroorsaak word, het die afgelope weke begraafplase in die stad geraak. Die Maitland-begraafplaas is die swaarste getref deur onlangse gure weerstoestande. Die begraafplaas was verlede naweek weens hoër watertafels nie toeganklik nie en 56 begrafnisse moes by die Welmoed-kerkhof gehou word. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê hulle werk daaraan om die probleem op te los: