SMEs Compete reageer op nuwe befondsingsriglyn vir tenders

SMEs Compete sê die ministerie van finansies se nuwe riglyn om klein- en medium sakeondernemings te ondersteun, is ‘n goeie inisiatief. Ingevolge die nuwe riglyn, sou een van die maatskappye ‘n tender ontvang, hoef hy nie ‘n lening aan te gaan om fondse te bekom vir die verskaffing van die goedere of dienste nie. Dit word direk deur die openbare entiteit aan die finansiële instansie van die maatskappy oorbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels…