Menzies sê daar’s bloedvoorrade vir die oortappingsdiens in sy vrag

Menzies Aviation sê hy gaan ‘n aansoek om ‘n versnelde appèl by die hooggeregshof indien. Dit kom na sy aansoek vanoggend in die hoërhof van die hand gewys is. Hy sê die saak is uiters dringend omdat hy toegang tot die lughawe geweier is en daar is kritieke bloedvoorrade wat deur die Bloedoortappingsdiens benodig word. Hy sê verder dat dit voorkom asof Paragon en die lughawensmaatskappy dié openbare belang verontagsaam, terwyl hulle hul eie persoonlike belange najaag. Die situasie is volgens hom betreurenswaardig. Hy het weer beklemtoon dat hy nie die vrag in sy pakhuis aan enige derde party kan oorhandig nie.