Koffie is nou meer gewild in Brittanje as tee
Koffie het tee se eeue-oue heerskappy as Brittanje se gewildste drankie beëindig, met onlangse statistiek wat toon die Britte verkies nou koffie eerder as tee. Meer koffie as tee word in supermarkte in die Verenigde Koninkryk gekoop, hoewel koffie duurder is. Daar word berig mense dink tee is ouderwets, terwyl koffie opwinding en ‘n verskeidenheid bied, soos Americano, espresso, cappucino, latté en macchiato. Die jongste syfers toon 533 miljoen pakkies koffie is in die jaar tot Maart in Brittanje verkoop, vergeleke met 287 miljoen pakkies tee.