Kalahari-spoorlyn ontwikkel en vorder goed

Die Namibiese minister van werke en vervoer, John Mutorwa en sy eweknie van Botswana Eric Molala, het hul verbintenis tot die Trans-Kalahari spoorwegprojek bevestig tydens ‘n vergadering in die hoofstad. Mutorwa het die veiligheid van spoor beklemtoon as vervoer opsie en sê die tipe infrastruktuur is krities vir handel en ekonomiese groei. Die vergadering is gehou om die twee lande se gemeenskaplike belange te bespreek en die vordering wat tot dusver op die Trans-Kalahari-spoorlyn gemaak is. Daar is reeds in 2010 ooreengekom om die lyn te ontwikkel om Botswana se Mmamabula-steenkoolvelde met Walvisbaai se hawe te verbind. ’n Droë-hawe is ook op Gobabis gevestig.