Identifikasie van buitelanders wat in Jhb-brand dood is sal moeilik wees
Die African Diaspora Network sê dit sal baie moeilik vir immigrante wees om hulle familielede uit te ken en te repatrieer wat moontlik in die Joburg brand dood is. Die uitvoerende hoof van die netwerk, Vusi Sibanda, sê die situasie word vererger deur die feit dat talle immigrante nie oor behoorlike identiteitsdokumente beskik nie wat dit moeilik maak vir familielede om dokumentasie van hulle lande van oorsprong te bekom. Hy sê die uitkenning van slagoffers van die brand is dalk onmoontlik weens die omvang van brandwonde: