Eccas vergader oor Gaboen

Die streeksliggaam in Sentraal-Afrika, Eccas, gaan ‘n buitengewone vergadering belê ná die staatsgreep in Gaboen. Eccas het die gebruik van geweld om politieke geskille by te lê veroordeel, en gevra dat die land terugkeer na grondwetlike orde. Die weermaggeneraal, Brice Nguema, is na Woensdag se staatsgreep as Gaboen se nuwe leier aangewys. Hy het die besluit verdedig om President Ali Bongo se regering omver te werp. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Josep Borrell het vroeër ook gesê die Gaboense verkiesing was gebrekkig, en het daarop gesinspeel dat ‘n verkiesing waarvan die uitslag gemanipuleer is, ook ‘n soort staatsgreep verteenwoordig.