Betoë is voltooi, Trustco Bank se uitspraak op 21 September
Die Trustco-groep se dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof teen die opskorting van sy banklisensie op 18 Augustus deur die Bank van Namibië, het Donderdag voor regter Boas Usiku gedien. Die saak is tot 21 September uitgestel vir uitspraak. Die sentrale bank het besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, op te skort. Usiku word versoek dat Trustco Bank se tydelike skorsing opgehef word. Die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior het ná die hofverrigtinge met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…