6 Jan: Proud Boys se Biggs kry 17 jaar
‘n Leier van die verregse Proud Boys is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis. Dit is die tweede langste vonnis vir enige van die aanvallers op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Joe Biggs is in Mei op verskillende aanklagte skuldig bevind. Dit sluit in sameswering van aanhitsing tot geweld om te keer dat die mag van president vreedsaam van Donald Trump na Joe Biden oorgedra word ná die 2020-verkiesing. Hy het om versagting gepleit en berou oor sy optrede uitgespreek. Distriksregter Timothy Kelly sê Biggs het die tradisie van vreedsame magsoordrag verbreek. Die land se prokureur-generaal Merrick Garland sê hul werk duur voort.