Katima se bejaarde mielieboere sal seker nie betaal word nie

Dit wil voorkom asof die groep bejaarde boere in die gebied van Katima Mulilo, wat steeds wag op betaling vir mielie-oeste wat hulle reeds in 2021 aan die plaaslike meulenaar Agrimill verkoop het, moontlik nie betaal sal word nie. Agrimill het die week se mosiehof-rol gehaal met ‘n lening van 50 000 Namibiese dollar wat betaalbaar is en ou deur Bank Windhoek opgeëis word. Die boere het in middel-Augustus ‘n versoekskrif aan die goewerneur Lawrence Sampofu oorhandig waarin hulle betaling van 2021 se verkope aan Agrimill in die Machita-omgewing eis. Hulle eis ook 5 persent rente. Agrimill se direkteur, Bernard Mbeha, het in Augustus gesê is die fondse destyds deur ‘n bestuurder gesteel maar hy het bygevoeg hulle tref reëlings om die boere te betaal.