Werkeprogram in Kaap werp vrugte af
Die Stad Kaapstad sê die geleenthede vir inwoners wat na werk soek, het met die hulp van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram in die 2022/2023 boekjaar met 6 persent toegeneem. Die program is een van die regering se sleutelprogramme wat tydelike werk verskaf om armoede te verlig en aan werkloses ‘n inkomste bied. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die resultate wys die stad slaag goed daarin om die potensiaal van hierdie program ten volle te gebruik: