SARB het kommer oor stygende brandstofpryse

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank maan die regering om aandag te gee aan die stygende brandstofpryse, en stel voor dat kleinhandelmarges, vervoerkoste, basiese brandstof en die Padongelukkefondsheffing hersien word. Die bank stel ook meer gereelde brandstofprys-aanpassings voor wat beter met markskommelings tredhou. Dié waarskuwing kom te midde van verwagtings van ‘n aansienlike petrolprysverhoging van tussen 1 Suid-Afrikaanse rand 60 en 1 rand 65 sent per liter volgende week. Dieselpryse sal na verwagting met tussen 2 rand 67 en 2 rand 84 sent per liter styg. Die Departement van Minerale en Energie sal die finale brandstofprys-aanpassings aankondig voordat dit Woensdag van krag word.