Prys van kragopwekking daal effe in tweede kwartaal
Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste prysprodusente-indeks vir die tweede kwartaal van 2023 bekend gestel. Luidens die verslag het die indeks vir kragopwekking, transmissie en verspreiding gedaal na 110,2 punte, van die 111 wat in dieselfde kwartaal van verlede jaar aangeteken is. Dit verteenwoordig ‘n inkrimping van 0,8 persent teenoor die 2,9 persent styging wat in die tweede kwartaal van verlede jaar aangeteken is en die hoof bydraende faktor vir NamPower se reuse verlies vir die vorige boekjare veroorsaak het.