Protea-vroue se seisoen begin Vrydag in Pakistan

Die Protea-vroue begin môre hul seisoen in Pakistan, waar hulle oor die volgende twee weke ses wedstryde sal speel. Die veelsydige kaptein van die Dolphins, Nondumiso Shangase, is die eerste keer sedert 2021 terug in die nasionale span. Sy het verlede seisoen se binnelandse T20-kompetisie as die voorste paaltjienemer afgesluit en was ook een van haar span se voorste lopiemakers. Shangase hoop die toer in Pakistan sal suksesvol wees: