Studente toets elektriese fietse in hoofstad
Die EBikes4Windhoek-projek is vandag by Nust in die hoofstad van stapel gestuur. Die projek se primêre doelwit is om koste-effektiewe, energie-doeltreffende alternatiewe deur elektriese fietse, sonkrag-herlaaistasies en inligtingspunte bekend te stel. Hierdie inisiatief het ten doel om volhoubare vervoerkeuses te bevorder en die toeganklikheid en sigbaarheid van fietse in die stad te verbeter. Stad Windhoek se woordvoerder, Celie Kapolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…