Menzies se jongste uitspraak môre verwag

Uitspraak in Menzies Avation se dringende hofaansoek in die Windhoekse hoërhof word na verwgting môre gelewer. Dit volg nadat die Namibiese Lughawens-maatskappy Menzies op Saterdag 19 Augustus by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe uitgeskop het. Intussen het Paragon Aviation grondhanteringdienste oorgeneem. Menzies sê in sy aansoek sy huurooreenkoms met die lughawensmaatskappy is, onder andere, nie nagekom toe hy uitgesit is nie en dus is hy steeds die hanteerder van vrag- en gronddienste by die lughawe.